|
The Breed ►
HOEKOM MOET U IN ONS BELÊ
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Afrikaner: Die beesvleisras vir Afrika
Huidiglik propageer
dierewetenskaplikes die idee dat die beesindustrie in vader- en
moederlyne verdeel behoort te word. Gevolglik vereis die
industrie ’n moederlyn met ’n klein tot medium liggaamsbou om
met ’n bul van groot liggaamsbou gepaar te word om ’n swaar
speenkalf te produseer.
Die volgende eienskappe van die Afrikaner maak dit ’n gewilde
moederlyn:
Weens
die relatief klein geboortemassa van die kalf (30 tot 35 kg) en
die spesifieke vorm van die agterstel ervaar die koei selde
moeilike kalwing.
Die
koei is vrugbaar en het ’n lang, produktiewe lewe. 18-jarige
koeie wat 15 kalwers gespeen het, is nie ongewoon nie.
Sy is
’n goeie moeder en beskik oor ’n goeie temperament, lae
kalfmortaliteit en uitstekende loopvermoë. Sy speen ’n swaar
kalf in ’n kruistelingsprogram.
Die
koeie het ’n klein tot medium liggaamsbou en is ekonomies weens
hulle lae instandhoudingsvereistes. Eksperimente by die Glen
Landboukollege uitgevoer, het getoon dat 100 Afrikaner-koeie met
kalwers was in staat om beter te aard in vergelyking met 80
Taurus- koeie met kalwers op soortgelyke weidingsveld.
Die
Afrikaner is gehard, aanpasbaar, maklik hanteerbaar en
weerstandig teen siektes, veral luisdraende siektes.
Die rol van die Afrikanerbul
’n Groot persentasie
van die kommersiële koeie in hierdie land is kruisgeteelde
koeie, met grootliks ’n medium tot groot liggaamsbou. Onder die
groot liggaamsboutipes is daar dikwels ’n toename in die
voorkoms van probleme soos mindere aanpasbaarheid en moeilike
kalwing, terwyl koeidoeltreffendheid ook gewoonlik laer is. Dit
is wys om ’n bul van ’n ander moederlynras by hierdie koeie te
gebruik om die kwaliteit van die vroulike aanteelt te verbeter.
Huidiglik propageer
al hoe meer dierewetenskaplikes die idee dat geen ander sisteem
die een kan klop wat osse reg vanaf die veld bemark nie. ’n
Groot hoeveelheid telers is van mening dat ’n os net soveel soos
’n koei eet. Daar is egter ʼn groot verskil in hulle onderskeie
onderhoudingsvereistes.
Die proteïenbehoefte
van ’n 350 kg os is 330 g/dag, terwyl die van ’n 350 kg droë
koei 340 g/dag is; vir ’n swanger koei met dieselfde massa is
die proteïenbehoefte 444 g/dag, en vir ’n melkgewende koei is
dit 721 g/dag. Gevolglik is dit nie net moontlik nie maar ook
meer winsgewend om twee osse eerder as een melkgewende koei te
besit.
Die Afrikaner is een
van die beesvleisrasse wat binne die kortste tydperk vir
verkoopsdoeleindes gereed gemaak kan word. Basies is dit die
enigste ras wat binne die mees wenslike ouderdom van die veld
afgehaal kan word. Die Afrikaner se karkasmassa wissel ook om
die ideale karkas te produseer. In die voerkraal is die
Afrikanerras bemarkbaar in die kortste tydperk: 102 dae in
vergelyking met ʼn gemiddeld van 111 dae (Sandfontein voerkraal).
Gevolglik kan Afrikanerbulle effektief in kruistelingsprogramme
gebruik word, veral in die geval van die maerder rasse wat
moeilik is om van die veld af te haal.
In ’n
kruistelingsprogram met ander vroeg volwasse rasse, soos die
Hereford, Angus en Sussex, kan osse af vanaf ’n ouderdom so
vroeg as 18 maande van die veld af bemark word.
Mnr. Thys Fourie van
Daniëlskuil gebruik Hereford-bulle op ’n gedeelte van sy
Afrikanerkoeikudde. Op die oorblywende aanteelt gebruik hy
Afrikanerbulle om slagosse te teel wat direk vanaf die veld
bemark kan word. In ’n eksperiment waar Afrikanerbulle op 100
Afrikaner- x Hereford-koeie gebruik is, het hy die volgende
resultate behaal:
-
Interkalfperiode 367 dae;
-
Die
osse is direk vanaf die veld bemark en 25% van die osse was teen
ʼn ouderdom van 18 maande gereed. Die gemiddelde lewende massa
was 380 kg en die karkasse het ’n gemiddeld van 200 kg Super A
en A1 getoon.
-
Die
oorblywende osse is op die ouderdom van 26 maande van die veld
af bemark met lewende massas van tussen 480 en 530 kg en
karkasmassas tussen 250 en 280 kg. Weens die feit dat ’n groot
hoeveelheid van die karkasse oorgewig was, is hulle Prima B en
B1 gegradeer.
Die lang, produktiewe
leeftyd (12 jaar en langer) en lae mortaliteit van
Afrikanerbulle is ’n groot voordeel. Afsakking- en
mantelvliesprobleme is minimaal (Eksperimente: Universiteit van
Pretoria).
 |
Die ras beskik
oor een van die mees gunstige korrelasies tussen
voeromskakelratio en gemiddelde daaglikse opbrengs
(Eksperimente: ADSRI, Irene).
Dit is vleis van hoë kwaliteit en sag, smaaklik en sappig.
In ’n kruistelingsprogram verbeter die Afrikaner die
kwaliteit van die vleis van die ras waarmee dit gekruis
word, veral wat die sagtheid van die vleis aanbetref (De
Bruyn, ADSRI, Irene).
Eksperimente
uitgevoer by die Omatjenne Navorsingstasie het getoon dat die
Afrikaner, wat gradering betref, die beste uit vyf rasse is.
Weens die beter gradering was die inkomste/karkas van die
Afrikaneros die hoogste: 15% hoër as drie van die ander rasse en
26% hoër as die vierde ras.
Opreggeteelde en Afrikaner-ruisgeteelde osse lewer kampioene op
die hoef en aan die haak op groot skougeleenthede in die
interras slag-oskompetisies aangebied deur die Vleisraad. |
| |
|
|