|
The Breed ►
PRODUKSIEVEREISTES
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
MINIMUM
PRODUKSIEVEREISTES VIR DIE AFRIKANER
(Soos op 10 September 2008)
In
terme van Verordening 2.1, 2.2 en 10.5 moet aan die volgende
minimum produksievereistes voldoen word:
1. REPRODUKSIE
1.1
ʼn Vers moet die vir die eerste maal VOOR
of OP 42 maande ouderdom kalf.
1.2
Geen tussenkalfperiode mag 790 dae
oorskry nie.
-
Die
Genootskap, in samewerking met SA Stamboek, sal jaarliks
die reproduksiestatus van alle vroulike diere nagaan
-
Diere wat nie aan die minimumvereistes voldoen nie, sal
geïdentifiseer word. Die probleemgevalle sal skriftelik aan
die eienaar bekendgemaak word. Hierna het die eienaar drie
maande tyd om die probleemgevalle aan te spreek en die
nodige terugvoer aan die Genootskap te gee. Indien die kantoor
geen skriftelike vertoë of versagtende redes vir
probleemdiere ontvang nie, het die Genootskap die reg om SA
Stamboek in kennis te stel dat geen verdere kalwers van die
koei vir registrasie aanvaar mag word nie en die dier
gekanselleer word.
1.3
Vroulike diere moet aan die onderstaande minimum
vrugbaarheidsvereistes voldoen. Die eienaar sal drie maande
gegee word om te reageer, waarna die Genootskap aan SA Stamboek
sal opdrag gee om die nodige onherroeplike kansellasies te doen,
waarna geen verdere kalwers van die betrokke koei sal aanvaar
word nie.
|
Aantal kalwings |
Maksimum gemiddelde
tussenkalfperiode (TKP) van koei |
|
2 |
790 dae |
|
3 en 4 kalwings |
660 dae |
|
5 en meer kalwings |
500 dae |
2. MELKPRODUKSIE
2.1
ʼn
Koei wat meer as twee kalwers speen met ʼn indeks onder 90
sal summier geprul word.
(Nie
ʼn afkeuringsvereiste nie, maar moet bloot as riglyn vir
melkproduksie gebruik word.)
3. GROEIVERMOË
(Deelname aan Prestasietoetsing is verpligtend vir alle
Kategorie A-lede, waar indekse as riglyne vir die eienaar en die
keurder dien.)
3.1
Verse
(Fase A & B)
-
Speenindeks 90
-
Jaarindeks 90
-
18-maande-indeks 90
Indien verse voor 18 maande gekeur word, sal ʼn jaarindeks vereis
word. Andersins sal ʼn speen- en 18-maande-indeks vereis word.
Indien een indeks onder 90 is, maar die gemiddeld
van die beskikbare indekse 90 of hoër is, sal die dier gekeur
word indien die voorkoms besondere meriete het.
3.2
Bulle (Fase A & B)
-
Speenindeks 90
-
Jaarindeks 90
-
18-maande-indeks 90
-
Skrotumomvang minstens 30 cm
Geen
bul sal voor 18 maande ouderdom gekeur word nie en geen
uitsondering sal gemaak word nie.
3.3
Bulle (Fase C en D)
-
Speenindeks 90
-
Daaglikse groei-indeks (GDT) minstens 90
-
Groei-per-dag-van-ouderdom-indeks (GDO) minstens 90
-
ʼn
Skrotumomvang minstens 30 cm
Bulle sal direk na afsluiting van ʼn
toets as ʼn groep gekeur word.
Alle afgekeurde bulle moet geslag
word.
3.4
Funksionel
Voorkoms
3.4.1
Diere met die volgende genetiese
afwykings sal uitgeskot word:
-
Hipoplastiese testes
-
Skewe
gesig
-
Kort
en lang onderkaak
-
Wollerige haarkleed
-
Laminitus
-
Erflike stertkinkel aan boonste helfte van stert
-
Wilde
temperament
-
Enige
ander duidelike genetiese afwykings.
3.4.2
Die volgende uiterstes sal geprul
word:
-
Swak
konstitusie
-
Swak
bespiering
-
Bulle
met vroulike of os-agtige voorkoms
-
Verse
met manlike of os-agtige voorkoms
-
Ponietipes of uitermate groot diere
-
Baie
fyn of uitermate growwe bene
-
Uitermate regop, sekel- of koeihakkig
-
Duif-
of eendtonig, voorpote, krom voorbene
-
Verse
met gebrekkige uierontwikkeling
-
Enige
ander uiterstes
-
Alle amptelike prestasiegegewens en besonderhede van diere
moet tydens keuring beskikbaar wees.
-
Bulle of vroulike diere waarvan die moeders nie binne
bostaande norme ten opsigte van reproduksie presteer nie, mag
nie op veilings wat in samewerking met die Genootskap gehou
word, verkoop word nie.
|