|
 |
The Breed ► INLEIDING TOT DIE
RAS
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Twee konformasietipes
van die Afrikanerbeesras, dit wil sê silindries en plat, is ten
opsigte van groeiprestasie, en karkas- en vleiseienskappe
vergelyk.
Aan die begin van die
toets is die twee tipes deur blote visuele beoordeling
onderskei. Die legitimiteit van so ʼn onderskeid sal bespreek
word.
Die toetsprosedures
is voor die aanvang van die eksperiment met die Telersgenootskap
bespreek en het die volgende behels:
-
Ses-en-dertig Afrikaner speenkalwers, 18 van elk van die twee
tipes wat onderskeidelik ewekansig in 4 groepe van 5 diere elk
georden is (verwysingsgroep = 3 diere). Met die uitsondering van
die verwysingsgroepe wat aan die begin van die toets geslag is,
is die dier onder intensiewe voertoestande gehou en
onderskeidelik op 300, 340 en 380 kg geslag. Groeikoers en
voerdoeltreffendheid is tydens die groeiperiode gemeet.
-
Met
die behaling van die gespesifiseerde slagmassas is die diere in
die gespesifiseerde slaggroep geslag en is al die slagdata
(massas van al die dele van die vyfde kwart en die karkasmassa)
en die karkasdata (karkasmates en karkasweefselmassas)
aangeteken. Sekere monsters is geneem en die totale
karkassamestelling en weefselverspreiding is bereken.
-
Monsters is onmiddellik na slagting geneem en die tyd van
karasverwerking is geevalueer ten einde die
vleiskwaliteiteienskappe van elkeen te beskryf.
|
Aangesien die diere op verskillende slagmassas geslag is en dus
op verskillende stadiums van karkasrypheid, is ʼn poging
aangewend om die verskillende kwaliteite op dieselfde stadium
van karkasrypheid te vergelyk. Derhalwe is ʼn kovariansieanalise
gebruik en onderhuidvet is as kovariant gebruik as dit ʼn
statisties beduidende effek op die kwaliteit wat gemeet is,
getoon het. Dit beteken dat alhoewel hierdie diere op
verskillende slagmassas geslag is (en dus vet- en
karkasrypheid), is die vergelyking getref tussen die twee
verskillende konformasietipes in dieselfde onderhuidvetklas,
soortgelyk aan die klassifikasiestelsel. As die vergelyking ten
opsigte van dieselfde slagmassa of voerdae gemaak is, sou die
later rypwordingstipes voordeel getrek het. Met onderhuidvet as
kovariant is ʼn poging gemaak om diere op dieselfde stadium van
karkasrypheid te vergelyk. |
 |
GROEIPRESTASIE
Gemiddeldes vir groeiprestasie word in Tabel 1 aangebied.
Nóg
karkasvetheid nóg die aantal voerdae het enige beduidende effek
op die groeiprestasie van die twee tipes gehad. T-2 het
gemiddeld langer geneem om die verskillende teikenmassas te
bereik, maar dit is as gevolg van die feit dat hulle beginmassa
laer was as dié van die T-1 groep. Groep T-2 was ook aan die
begin van die toets vetter, wat aandui dat hierdie groep
moontlik ʼn vroeër rypheidtipe is as T-1. Hierdie punt sal later
in die dokument meer volledig bespreek word.
TABEL 1
-
GEMIDDELDES VAN GROEIKWALITEITE VAN TWEE AFRIKANERTIPES
|
Kwaliteit |
Tipe 1 |
Tipe 2 |
|
Groeikoers(kg/dag) |
0.98 |
0.95 |
|
Voeromskakeling (kg/dag) |
8.5 |
8.8 |
|
Staandae |
129 |
154 |
|
Inname per dag (kg) |
8.2 |
8.3 |
SLAG- EN KARKASKWALITEITE:
Alle slag- en
karkaskwaliteite word onderskeidelik in Tabel 2 en 3 aangedui.
Tensy anders aangetoon, word die twee tipes met mekaar teen
konstante onderhuidvet vergelyk. (% onderhuidvet = 4.9% dit wil
sê, vetkode = 2+)
TABEL 2:
GEMIDDELDES VIR SLAGDIERKWALITEITE VAN TWEE AFRIKANERTIPES.
ONDERHUIDVET%
= 4,9%
|
Parameter |
Tipe 1 |
Tipe 2 |
|
Slagmassa (kg) |
335 |
326 |
|
Karkasmassa (kg) |
182 |
174 |
|
Slagpersentasie (%) |
54.3 |
53.4 |
|
Kop (%) |
6.6 |
6.7 |
|
Hoewe (%) |
2.7 |
2.8 |
|
Maag (%) |
6.3 |
6.4 |
|
Huid (%) |
3.5 |
3.6 |
|
Netvet (%) |
0.73 |
0.59 |
| |
|
|
Ten
spyte van die groot numeriese verskille, slagmassa,
karkasmassa en slagpersentasie, was hierdie verskille nie
statisties beduidend nie. Die waarskynlike rede hiervoor is
die groot variansie in hierdie kwaliteite in die tipes (d.w.s.
dat die variasie rondom die gemiddelde groot is). Daar is ʼn
tendens dat T-1 ʼn hoër karkasmassa as T-2 lewer (teen ʼn hoër
slagpersentasie) teen dieselfde karkasvetheid (onderhuidvet =
4,9%). Hierdie hoër slagmassa (dieselfde vetheid) dui op ʼn
later karkasrypheid vir T-1 ten opsigte van T-2. Volgens De
Bruyn (1991) kan die verskil in slagpersentasie toegeskryf
word aan die verskil in slagmassa, aangesien slagpersentasie
grootliks massa- en vetafhanklik is. Die vergelykings is teen
dieselfde vetheid gedoen en derhalwe is die
slagpersentasiemassa afhanklik. Die een persent verskil in
slagpersentasie is gelyk aan ongeveer 3 kilogram karkasmassa. |
 |
Volgens Tabel 3 was daar geen beduidende verskille in
karkaseienskappe tussen die twee tipes nie. Die % been en
vleis het geneig om onderskeidelik hoër en laer te wees in T-2
karkasse in vergelyking met T-1 karkasse. Soos reeds genoem,
het die beginmassa en karkasmassa van T-1 ook geneig om hoër
as die van T-2 te wees, wat ʼn aanduiding is dat T-1 ʼn later
rypheidgroep diere was. Met rypheid bedoel ons dat diere van
die T-1 groep ʼn hoër karkasmassa teen bemarkbaarheid sal
bereik het (bv. Vetkode 2) as diere van die T-2 groep. Volgens
De Bruyn (1991) het karkasse en later rypheidtipes
proporsioneel meer vleis en minder been teen dieselfde
onderhuidvet as die vroeër rypheidtipes, wat in hierdie toets
gedemonstreer is. Vleis word gedefinieer as die hoeveelheid
spier, interspiervet en intraspiervet. Volgens die
verskillende vetparameters, (omentumvet, niervet, karkasvet en
marmering) het T-1 slegs een betekenisvolle verskil van T-2
gehad en dit is wat betref niervet, terwyl die ander
vetparameters ook aangedui het dat T-1 meer intraspiervet
(marmering), netvet en totale karkasvet gehad het. Hierdie
verskille was egter nie beduidend nie.
|
Parameter |
Tipe 1 |
Tipe 2 |
|
Karkasmassa (kg) |
182 |
174.2 |
|
Karkaskompaktheid (kg/cm) |
0.76 |
0.74 |
|
Agterkwartkompaktheid (kg/cm) |
0.62 |
0.58 |
|
Oogspier area (cm) |
70.9 |
66.4 |
|
Nier- en slagaarvet (%) |
2.0a |
1.7b |
|
Marmering (%) |
0.52 |
0.50 |
|
Karkasvet (%) |
13.5 |
13.1 |
|
Spier (%) |
70.7 |
70.9 |
|
Vleis (%) |
79.3 |
78.7 |
|
Been (%) |
15.8 |
16.4 |
|
Duur vleissnitte (%) |
43.7 |
43.9 |
|
Goedkoop vleissnitte (%) |
30.8 |
30.4 |
|
Buik stuk vleis (%) |
19.2 |
19.2 |
|
Skeen (%) |
6.4 |
6.5 |
|
Spier/beenverhouding |
4.5 |
4.3 |
|
Vleis/beenverhouding |
5.1 |
4.8 |
a b
Gemiddeldes in dieselfde ry met verskillende opskrifte,
betekenisvolle verskil (P<0,05)
|
 |
Ten opsigte van die verspreiding van vlies oor die
verskillende snitte van die karkas, kan dit genoem word
dat gemiddeld 44% van die totale vleis in die duurder
snitte in die agterkwart en lendeskyf voorgekom het. Die
oorblywende 54% is soos volg versprei: 31% van die
goedkoper snitte van die rib, nek en skouer, 19% in die
diklies en borsstuk en 6% in die skeensnitte. Daar was
geen betekenisvolle verskil tussen die weefselverspreiding
(vleis) van die twee tipes nie.
Die
klaarblyklike verskille in karkasrypheid tussen die twee
groepe kan soos volg vertolk word. Die feit dat die beginmassa
van die T-2 groep gemiddeld laer was as dié van T-1 kan
eenvoudig beteken dat hierdie groep diere ligter gespeen het.
Verder, volgens navorsing wat gedoen is oor rypheidtipes
(ongepubliseer), sou dit beteken dat op dieselfde massa in die
groeifase (bv. 300 kg) T-1 diere meer vet sou neerlê as T-2
wat ʼn hoër massa gehad het toe voeding begin het. Die %
onderhuidvet het ook tussen T-1 en T-2 verskil (4,2 vs. 5,0%).
Met hierdie argument word geïmpliseer dat diere wat op ʼn laer
massa begin, vroeër vet sal neerlê as dieselfde tipe diere wat
op ʼn hoër massa begin het. ʼn Mens kan nie met sekerheid sê dat
daar rypheidtipe verskille tussen die twee groepe was net
omdat een groep minder as die ander een geweeg het toe hulle
die toetse begin het nie, omdat die voorspeenomstandighede van
die 2 groepe nie noodwendig dieselfde was nie. |
VLEISKWALITEITEIENSKAPPE: GEMIDDELDES VIR
VLEISKWALITEIT-EIENSKAPPE WORD IN TABEL 4 AANGEDUI
|
Parameter |
Tipe 1 |
Tipe 2 |
|
Sensoriese eienskappe |
|
|
|
Aroma |
6.3 |
6.6 |
|
Sappigheid |
4.7 |
5.0 |
|
Sagtheid |
5.7 |
5.6 |
|
Oorskot |
5.4 |
5.3 |
|
Smaak intensiteit |
6.2 |
6.3 |
|
Af smaak |
7.1 |
7.1 |
|
Kookverlies |
31.9 |
33.9 |
|
Meganiese sagtheid Istron (N/2,5 cm boorwydte) |
|
Droë hitte kookmetode |
88.4 |
96.4 |
|
Vogtige hitte kookmetode |
90.4 |
99.3 |
|
Verouderingspotensiaal |
|
1 dag |
115 |
113 |
|
7 dae |
133 |
130 |
|
14 dae |
132 |
126 |
|
Histologiese eienskappe |
|
% Rooispierweefsel |
35.9a |
34b |
|
% Intermediêre weefsel |
29.5 |
28.6 |
|
% Witsspierweefsel |
34.6a |
37.1b |
|
Oppervlak rooispierweefsel |
2716 |
2861 |
|
Oppervlak Intermediêre weefsel |
3696 |
2641 |
|
Oppervlak witspierweefsel |
5297 |
5823 |
|
Sarkomal (mikron) |
1.8 |
1.8 |
a, b, c, d
Gemiddeldes in verskillende getalle in opskrif – verskil
beduidend (P<0.05)
Volgens sensoriese
beoordeling was daar geen beduidende verskil in die
verskillende eienskappe tussen die twee tipes nie. Die twee
fisiese metings van vleissagtheid dui aan dat die vleis van
T-1 geneig het om sagter te wees as dié van T-2. Dieselfde
spier is vir beide metodes gebruik (M. longissimus thoracis)
Die sensoriese monster word deur middel van ʼn droë hitte
metode in ʼn oond teen konstante temperatuur voorberei, terwyl
die ander monster in ʼn PVC-sak in water (70 grade C) verhit
word. Die gemiddeldes wat egter deur beide metodes verkry is,
was nie beduidend verskillend nie. Die biochemiese en
histologiese eienskappe van die spier hierbo genoem, het
effens verskil, maar weereens was die verskil nie beduidend
nie. Die verouderingspotensiaal, gemeet volgens die
miofribrillar fragmenteringsindeks, het geneig om hoër in T-1
te wees na 1-, 7-en 14-dae-periodes. Volgens hierdie meting
het die vleis van T-1 ʼn 5% hoër potensiaal om in die
rypwordingsproses sagter te word as dié van T-2. Die
histologiese beskrywing van spierweefseleienskappe, dit wil sê
verhouding en grootte van wit intermediêre en rooispierweefsel
was verskillend tussen die twee tipes. Die relevante spier van
die T-1 het meer rooiweefsel (6%) en minder wit weefsel (7%)
(P<0,05) as dié van die T-2 groep gehad. Verder was die
grootte van die witweefsel 10% kleiner in T-1. Volgens Dreyer
et al. (1977) en Calkins et al. (1981) word
vleissagtheid negatief gekorreleer met witweefselgrootte en
hoeveelheid. Op grond van biochemiese eienskappe kan daar dus
verwag word dat die vleis van T-1 sagter moet wees as dié van
T-2.
Die feit dat, ten
spyte van meer biochemiese en histologiese verskille, daar nie
ʼn beduidende verskil in vleissagtheid tussen die twee groepe
was nie, is bewys daarvan dat vleissagtheid deur ʼn
verskeidenheid faktore beïnvloed word. Dit kan ras, tipe dier,
maar ook verskeie omgewingseffekte (hantering tydens en na
slagting) insluit. Die effek van die verskille in biochemiese
en histologiese eienskappe was dus waarskynlik nie groot
genoeg om verskille in sagtheid te bewerkstellig nie.
TUSSEN-RASVERGELYKINGS
SLAGDIEREINSKAPPE
Die karkas en karkaskwaliteiteienskappe van verskillende
rasse, wat onder dieselfde toestande getoets is, sal nou
bespreek word.
Die doel van
hierdie bespreking is nie om die Afrikaner met ander,
hoofsaaklik later rypwordingsrasse ten opsigte van
prestasie-eienskappe te vergelyk nie, maar om aan te toon dat
verskillende rasse elkeen op sy eie gebied presteer.
TABEL 5:
KARKASKWALITEITE VAN DIE AFRIKANER EN 4 ANDER RASSE VAN
VERSKILLENDE RYPHEIDSTIPES (VERGELYKING OP KONSTANTE
ONDERHUIDVET
% – 4,7%)
|
Eienskap |
Afrikaner |
Ras 1 |
Ras 2 |
Ras 3 |
Ras 4 |
|
Slagpersentasie |
54.2a |
57.7bc |
57.4bc |
56.5b |
58.7c |
|
Karkasmassa (kg) |
176a |
236bc |
258cd |
238bc |
280d |
|
Karkaskompaktheid (kg/cm) |
0.76a |
0.95bc |
0.99cd |
0.93bc |
1.06c |
|
Boudkompaktheid (kg/cm) |
0.61a |
0.79bc |
0.82c |
0.77bc |
0.89d |
|
Karkassamestelling |
|
Vleis (%) |
79.4b |
80.2b |
79.8b |
78.3a |
80.2b |
|
Karkasvet(%) |
13.3ab |
14.9bc |
21.8e |
18.1d |
17.1cd |
|
Been (%) |
15.9a |
15.1a |
15.5a |
17.0b |
15.1a |
|
Vleis-tot-been-verhouding |
5.0bc |
5.4d |
5.2cd |
4.6a |
5.3cd |
|
Spier-tot-been-verhouding |
4.5cd |
4.7d |
4.1ab |
3.8a |
4.5cd |
|
Nier- en kanaalvet (%) |
2.04a |
1.83a |
2.55b |
2.53b |
2.51b |
|
Weefselverspreiding |
|
Duur snit (%) |
40.7b |
40.0b |
38.8a |
39.5a |
39.4a |
|
Duur stuk vleis |
43.8b |
42.3a |
41.5a |
42.5a |
42.1a |
a, b, c, d
Gemiddeldes van syfers aangetoon deur onderskrifte wissel
beduidend (P<0,05)
Soos algemeen
bekend, word die Afrikaner as ʼn vroeë rypheidsras beskou
(karkasrypheid). Dit word ook in Tabel 5 bevestig, dit wil sê
dat die karkasmassa op dieselfde onderhuidvet % van die
Afrikaner beduidend laer was as dié van ander rasse. As gevolg
van die eindmassaverskille het die Afrikaner ook betekenisvol
minder (P>0,.05) as ander rasse uitgeslag. Volgens De Bruyn
(1991) is die slagpersentasie hoofsaaklik massa-en
vetafhanklik. Aangesien die huidige data teen konstante
vetheid getoets is, sou die laer massa van die Afrikaner ʼn
laer slagpersentasie impliseer. Spesifieke raseffekte sou ook
voorkom. De Bruyn (1991) het bevind dat die Charolais en
Brahmaan effens hoër slagpersentasies gelewer het as gevolg
van ʼn lae huidmassa en ʼn lae verteringskanaalmassa.
KARKASSAMESTELLING:
Vanuit Tabel 5 kon
afgelei word dat die Afrikaner die swakste vleissamestelling
van die betrokke rasse het, op basis van die beduidende
verskil (P>0,05) in karkas en boudkompaktheid tussen die
Afrikaner en die ander rasse. Hierdie verskille beteken dat
die ander 4 rasse (veral Ras 4) beduidend meer massa per
karkaslengte as die Afrikaner het. Karkasmassa word egter uit
been, vleis en vet saamgestel. As die ware eetbare opbrengs,
dit wil sê vleis-tot-been- of spierverhoudings oorweeg word,
het die Afrikaner beduidend beter gevaar as Ras 3 wat ʼn later
rypwordingsras met ʼn hoër karkasdigtheid as die Afrikaner is.
Verder het slegs Ras 1 ʼn beduidend
hoër-vleis-tot-been-verhouding as die Afrikaner gehad. Die
swak prestasie van Ras 3 kan toegeskryf word aan die hoër
beenopbrengs. Dus kan die volgende gevolgtrekkings gemaak
word:
-
Konformasie is nie ʼn goeie maatstaf om vleisopbrengs in ʼn
lewende dier of karkas te voorspel nie.
-
Wanneer die ware vleisopbrengs oorweeg word, vaar rasse wat
relatief vroeg rypword en dikwels ʼn swakker konformasie
toon, nie noodwendig swakker as rasse wat later rypword nie.
Dit op sigself beklemtoon die belangrikheid van werklike
metings van eetbare opbrengs en die belangrikheid van die
vind van akkurate maatstawwe wat vleis die opbrengs van
lewende diere kan voorspel.
-
Vleis-tot-been-verhouding neem toe met ʼn toename in
karkasrypheid, met ander woorde, rasse of tipes wat ʼn hoë
karkasmassa teen konstante vetheid produseer, sal oor die
algemeen meet vleis per beeneenheid produseer as tipes wat
vroeër ryp word (De Bruyn, 1991). Dit is egter moontlik dat
spesifieke raseffekte mag voorkom, met ander woorde, dat
vroeër rypwordingstipes of rasse goed mag vergelyk ten
opsigte van vleisopbrengs per beeneenheid teenoor ander
rasse. ʼn Ander belangrike aspek wat in Tabel 5 uitstaan, is
die lae karkasvetopbrengs van die Afrikaner, veral relatief
tot Rasse 2, 3 en 4.
-
Hierdie vetparameter meet alle vet in die karkas, naamlik
onderhuidvet (wat konstant 4,7% is), intraspiervet
(marmering) en interspiervet. As dit aanmerking geneem word
dat onderhuidvet konstant is, beteken dit dat die Afrikaner
minder intra- en interspiervet in dieselfde vetkode as die
ander rasse produseer. As die karkas opgesny moet word, sal
die karkas van die Afrikaner ʼn hoër eetbare opbrengs lewer
as dié van Rasse 2–4, aangesien minder vet tussen spiere
voorkom. Dit is ook interessant om te merk dat die karkas
van die Afrikaner relatief minder massa in die duurder
snitte in die agterkwart dra, en dat daar relatief meer
vleis as ʼn persentasie van die totale karkas in hierdie
snitte is as wat die geval in die ander rasse is.
1. NB
–
Opsommend kan gesê word dat, alhoewel die Afrikaner ʼn vroeë
rypwordingsras is en derhalwe nie so voordelig is ten opsigte
van karkasmassa toename of finale karkasmassa vir die
sekondêre produsent nie (voerkraal), vergelyk die ras gunstig
met die ander, groter geboude rasse wat alreeds in die
Genotipe Evalueringsprogram getoets is.
Ten opsigte van kruisteling kan hierdie eienskappe van die
Afrikaner goed aangewend word in kombinasie met
laterrypwordingsrasse of tipes.
TABEL 6:
VLEISKWALITEITEIENSKAPPE VAN DIE AFRIKANER EN 4 ANDER RASSE
VAN VERSKILLENDE RYPWORDINGSTIPES (VERGELYKING TEEN KONSTANTE
ONDERHUIDVET
% = 4,7%)
|
Eienskap
Sensories |
Afrikaner |
Ras 1 |
Ras 2 |
Ras 3 |
Ras 4 |
|
Sagtheid |
5.7b |
4.9a |
5.8b |
5.3ab |
5.0a |
|
Oorskot |
5.4d |
4.8b |
4.1a |
5.0bc |
5.1cd |
|
Fisiese, histologiese, biochemiese mates |
|
Snyweerstand (N/2.5cm) |
88.4a |
91.2ab |
101.9cd |
116.0d |
95.65bc |
|
Rypwordingspotensiaal |
130b |
116ab |
|
|
99.0a |
|
% Rooispierweefsel |
35.6 |
33.6 |
34.3 |
34.8 |
|
|
% Intermediêre weefsel |
29.5c |
24.8b |
26.4b |
21.8a |
|
|
% Witspierweefsel |
34.8a |
41.7cd |
39.3bc |
43.4e |
|
a, b, c, d
Gemiddeldes met verskillende syfers in opskrifte verskil
beduidend (P<0,05)
Die
vleiskwaliteiteienskappe van die Afrikaner en 4 ander rasse
soos aangedui in Tabel 6.
Vanuit hierdie
resultate is dit duidelik dat die Afrikanervleis die sagste
getoets het van al die rasse wat tot nog toe in die Genotipe
Evalueringsprogram getoets is.
Beide die
sensoriese eienskappe vir sagtheid dui hierdie voordeel aan,
terwyl die meganiese meting van sagtheid (snyweerstand) dit
bevestig. Dit impliseer nie dat die vleis van ander rasse taai
is nie, aangesien snyweerstand meetings van <110N as
aanvaarbaar beskou kan word. Slegs Ras 3 het hierdie vlak
oorskry wat snyweerstand betref. Die sensoriese evaluerings
van Ras 3 het egter aangetoon dat die vleis van hierdie ras
goed met die ander rasse vergelyk.
Die voordeel wat
die Afrikaner bo al die ander rasse geniet, kan waarskynlik in
terme van histologiese en biochemiese eienskappe verduidelik
word. Eerstens was die rypwordingspotensiaal van die Afrikaner
onderskeidelik 12 en 31% hoër as dié van Ras 1 en 4
onderskeidelik. Daar kan dus afgelei word dat die Afrikaner
waarskynlik ʼn hoër intrinsieke vermoë met verwysing na die
ensiemsisteem het wat vleis tydens die rypwordingsproses sag
maak. Daar word tans meer intensiewe navorsing ten opsigte van
hierdie onderwerp met verskeie rasse gedoen, aangesien dit
volgens die literatuur blyk dat vleissagtheid van die
Sanga-tipes gunstig vergelyk met die Britse rasse, terwyl die
vleissagtheid van sekere Indicus-rasse minder voordelig is.
Dit is waarom die meganismes wat vleissagtheid bevorder
wêreldwyd soveel belangstelling gaande maak, as gevolg van
hierdie kontras tussen Sanga- en die Indicus-rasse.
Die histologiese
eienskappe van die Afrikaner het ook van dié van ander rasse
verskil. Die persentasie rooispierweefsel en intermediêre
weefel van die Afrikaner is onderskeidelik 6 en 18% hoër as
dié van Ras 1, terwyl die witspierweefsel 20% laer is as dié
van Ras 1. Volgens Dreyer et al. (1977) en Calkins
et al. (1981) het vleissagtheid negatief gekorreleer met
witweefselgrootte en getal. Derhalwe is die Afrikaner ook in ʼn
meer voordelige posisie wat hierdie eienskappe betref.
Die
verbindingsweefseleienskappe (kollageen) was nie ten tye van
die statistiese analise beskikbaar nie en sal so gou as
moontlik as ʼn addendum tot hierdie verslag aangebied word. Die
kwaliteit van vleis is afhanklik van ʼn groot aantal
eienskappe, wat aan die dier gekoppel is, maar ook aan
omgewingseffekte. Aangesien omgewingseffekte konstant gehou is
tydens hierdie eksperimente, kan die verskille tussen die
rasse grootliks toegeskryf word aan intrinsieke eienskappe en
gevolglik oorerflike eienskappe. Die volle spektrum eienskappe
wat vleiskwaliteit beïnvloed, is nie beskryf nie, maar volgens
bekende resultate presteer die Afrikaner baie gunstig in
vergelyking met ander getoetste rasse.
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING
-
Die seleksie van
konformasietipes op ʼn visuele basis het geen beduidende
effek op die produksie en produksie eienskappe van die
Afrikanerbeeste wat in hierdie toets gebruik is, gehad nie.
Die visuele onderskeid tussen silindriese en plat
konformasie het bloot die volgende tendense aangedui:
-
Diere met ʼn beter konformasie het geneig tot later
karkasrypheid, dit wil sê, dit het ʼn hoër karkasmassa teen
dieselfde vetkode geproduseer. Hierdie diere het geneig om ʼn
hoër % as diere met ʼn swakker konformasie uit te slag. Die
karkasse van hierdie diere het ʼn geneigdheid tot ʼn beter
vleis-tot-been-verhouding gehad, maar ook ʼn hoër totale
karkasvetinhoud teen ʼn konstante vetkode. Diere met ʼn beter
visuele konformasie het geneig om sagter vleis te produseer,
as gevolg van, onder andere, ʼn beter rypwordingsvermoë.
-
Rasse wat later ryp word (hoër karkasmassa teen konstante
vetkode) het soos volg met die Afrikaner vergelyk:
Die slagpersentasie
van hierdie rasse het geneig om (soms beduidend) hoër te wees
as dié van die Afrikaner. Dit word bevestig in die vergelyking
dat slagpersentasie massa-afhanklik is, met ander woorde, dat
rasse met hoër finale massas (stabiele vetheid) oor die
algemeen hoër slagpersentasie lewer.
Die later
rypwordingsrasse het ʼn beter karkas- en agterkwartkonformasie
as die Afrikaner gehad. In teenstelling was daar geen
beduidende verskil in die spier-tot-been-verhouding tussen
hierdie rasse en die Afrikaner nie. Verder was die totale
karkasvet van die Afrikaner beduidend laer as dié van sommige
van die later rypwordingstipes, terwyl die relatiewe vleis- en
snitopbrengs van die duurder snitte van die agterkwart
beduidend hoër was in die Afrikaner. Alhoewel verskeie
produksie-eienskappe soos groeikoers, doeltreffendheid, finale
karkasmassa en slagpersentasie van die Afrikaner nie
noodwendig so voordelig soos in groter later rypwordingsrasse
is nie, vergelyk die Afrikaner gunstig met later
rypwordingsrasse ten opsigte van eetbare opbrengs.
Die vleissagtheid
van die Afrikaner het besonder goed vergelyk met die rasse wat
reeds in die Genotipe Evalueringsprogram getoets is. Hierdie
voordeel kan aan die goeie rypwordingspotensiaal en
spierweefseleienskappe van die Afrikaner toegeskryf word.
Volgens De Bruyn (1991), het die Afrikaner ook besonder
gunstig vergelyk met die Europese Hereford, Charolais en
Simmentaler en het dit beduidend beter gevaar as die Brahman.
Vanuit hierdie
resultate is dit duidelik dat die Afrikaner se vleis die
sagste getoets het van alle rasse wat tot nou toe in die
Genotipe Evalueringsprogram getoets is.
Bronne:
DE BRUYN, JF. Production and product characteristics of
different cattle genotypes under feedlot conditions.
D.Sc.- tesis, Universiteit van Pretoria.
DREYER, JH, NAUDÉ, RT, HENNING, JWN & ROSSOUW, EJ. 1977.
The influence of breed, castration and age on
muscle-fibre type diameter in Friesland and Afrikaner cattle.
SA Journal of Animal Sciences 7(171).
CALKINS, CR, DUTSON, TR, SMITH, GG, CARPENTER, ZL & DAVIS, GW.
1981. Relationship of fibre type composition to marbling
and tenderness of bovine muscle. Journal of Food Sciences
46(708).
|