Affiliation Breeds  AFRISIM TEELBELEID

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

‘n Telersgenootskap of ras sonder ‘n gedefinieerde teelbeleid is rigtingloos. Nieteenstaande die enorme omgewings-verskille waaronder ons telers in Suid-Afrika boer is daar gemeenskaplike doelwitte wat orals toepasbaar is.  Ons wil ‘n dier teel wat winsgewend sal produseer en waarvoor daar ‘n aanvraag in die bedryf is.  Die Afrisim teelbeleid, kan as volg opgesom word.

Reproduksie ( vrugbaarheid) geniet op alle vlakke die hoogste prioriteit.  Onder normale omgewingstoestande word verwag dat Afrisim koeie elke jaar ‘n kalf in die lewe bring,  doeltreffend grootmaak en speen.  Beoordelaars,  keurders en eksaminatore by kursusse moet deurgaans hieraan aandag gee en reproduksie voorop stel.

Seleksie vir aanpasbaarheid.   Slegs diere wat behoorlik aangepas en gelukkig is in hul omgewing,  sal produseer.   Konstitusie  9voorkoms van die dier ), gehardheid ( reaksie teenoor omgewings-stressors ) en aanpasbaarheid ( om in ‘n omgewing te gedy en te produseer ) is basies dieselfde begrip en val vir die doel hiervan almal onder hierdie doelstelling.   Identifiseer die koeie wat ook onder strawwe toestande reproduseer en produseer, kyk hoe hulle lyk en plaas hulle prentjie in die teeldoelstellings.

Grootte.    As gevolg van die groot omgewings verskille waaronder ons telers boer,  asook verskille in bulkopers voorkeure, is dit onmoontlik om ‘n minimum grootte en/of gewig voor te skryf.   Weens negatiewe kenmerke * wat met groter beeste ge-assosieër word,  word die “middelweg – grootte “  aanbeveel en moet daar by keuring,  beoordeling en kursusse teen te groot diere gediskrimineer word.  (Hoër onderhoudsbehoeftes, swakker konstitusie, later geslagsryp en swaarder geboortegewig en dus kalfprobleme).  Die oorgroot diere moet elimineer word eerder as om oorboord te gaan deur almal klein te teel.

Die koei wat in haar natuurlike omgewing jaarliks kalf en ‘n swaar kalf relatief tot haar gewig speen ( 50% ),  het die grootte wat die Genootskap nastreef.

Binneras variasie:  Met die groot variasie in omgewingstoestande is variasie tot binne die teelbeleid noodsaaklik om die verskillende verbruikers-voorkeure te akkommodeer.   By binneras variasie verwys ons na raamgrootte en nie na begrippe soos haarkleed,  konstitusie en strukturele korrektheid nie.

Gebruik die oog en die skaal.   Daar is goeie presteerders met voorkoms foute asook kampioene wat swak presteer.   Keuring  (voorkoms) en kalwingsrekord (reproduksie) is verpligtend en prestasietoetsing 9 (gewigte) word sterk aanbeveel.

Doelgerigte toepassing van die teelbeleid word bewerkstellig d.m.v.:

  • verpligte keuring vir registrasie;

  • opleidingskursusse vir telers en gevorderde kursusse vir beoordelaars; en

  • deur beoordelaars op skoue.

  
 
 

                                                                             

 

                
© 2009 - 2011 The Afrikaner Cattle Breeders' Society of South Africa    •    Terms & Conditions and Privacy Policy    •    Website designed, hosted & maintained by 123 Internet